| Site Map | Home | |
Gert Vlok Nel het onmiddelike roem en kultus status verdien met sy 'om beaufort-wes se beautiful woorde te verlaat'
optredes by die 1997 Oudtshoorn fees.
Sy gelyknamige album, sy enigste studio opnames tot met die hede, behalwe
die twee liedjies wat op 'Sonvanger' verskyn het in 1999, het in 1998 verskyn. Hy is egter reeds in 1995 met die Ingrid
Jonker-prys bekroon
vir sy (ook sy enigste tot nou) debuut bundel, 'om te lewe is onnatuurlik' (1993). Die opnames het nie die aangrypende
tekste uit die digbundel, soos voorgelees tydens die 1997/8 vertonings, bevat nie. Sy latere optredes het selde,
indien enige, voorlesings bevat. Deesdae tree hy maar min op.
Gert het deel van die algemene 'top 10' platepubliek se bewussyn geword toe Theuns Jordaan sy 'Beautiful in Beaufort-Wes'
in 'n gawe popformaat op sy debuut album opgeneem het.
Ek het Gert as kitaarspeler vir die eerste 20 of so vertonings bygestaan, en op slide op 'Hillside lullaby' op sy CD gespeel , en ook 'n beperkte aantal video's vervaardig van 'n volledige vertoning in Stellenbosch. Die klankgrepe hieronder is geneem vanaf die klankbaan daarvan, gemaak tydens een van daardie beginjaar se laaste vertonings.
Klankgrepe
Voorlesing, 'December en See' aangepas uit sy debuutbundel. 3 min 31 sek. Lae kwalitieit vir vinniger aflaai. (826 KB).
Voorlesing, 'December en See' aangepas uit sy debuutbundel. 3 min 31 sek. Groter dokument. 1,446 KB.
Die foto bo-aan die bladsy is geneem deur Peta Van Beeck, iewers vroeg in 1997.
Die onderste foto is deur 'n steelfotograaf geneem by die Queens Hotel tydens die KKNK, 1997.
Pieter Du Toit, die agtergrondstem in die oorspronklike vertoning is in die middel.
Kyk by die 'In die Pers' bladsy vir 'n foto van Gert en Johann in die Burger, en De Kat.