Site Map | Home

die woorde wat so wink daar

Die idee agter ‘die woorde wat so wink daar’ was om iets Zen, en die universiële eienskappe van die Oosterse denkwyses na Afrikaans te bring. Ander Afrikaanse tekste word deur assosiasie met vertalings van Martin Versveld en Phil Du Plessis (Lao-Tse en Han Shan onderskeidelik) in hierdie lig geplaas. Die musiek is 'n minimalistiese klanklandskap geinspireer deur wêreldmusiek, en eerder atmosferies as toonsettings. Petra Muller en Jacques Coetzee is uitstekende voorlesers, en hulle eie werk word geplaas neffens minder bekende verse van o.a. Cussons, Leipoldt, Van Wyk Louw, Gert Vlok Nel en Lina Spies.



die woorde wat so wink daar


(Oorspronklike produksie detail soos aangebied by die Woordfees, Maart 2003)

voorglees deur Petra Muller & Jacques Coetzee
klanklandskap gekomponeer & uitgevoer deur Johann Kotze
konsep saamgestel en vervaardig deur Johann
met teks voorstelle deur Petra, Jaqcues en Cecile Minnie
skyfies deur Naomi Steenkamp & Johann
bykomende regie versog deur Juanita Swanepoel

I have a mind to confuse things,
unite them, make them new-born,
mix them up, undress them,
until all the light in the world
has the oneness of the ocean,
a generous, vast wholeness,
a crackling, living fragrance.
uit ‘Too many names’, by Neruda

‘n Afrikaanse Afrika landskap van see, sand, skulp en son. Woorde wat wink teen die agtergrond van die universiële waardes van Oosters gekeleurde wyshede. Woestyn, wind, weemoed, die uitspansel en al sy wondere wat in ‘n landskap van woorde resoneer.

Die groot digter Neruda skryf oor die betowering van die magiese eienskappe van die elemente. :

“When I lived amongst the roots
they pleased me more than flowers did,
and when I spoke to a stone
it rang like a bell”

Uys Krige ewenaar hierdie skoonheid in sy vertaling (‘Dorre aarde’) van Lorca . Petra Müller se sielsverse (uit ‘My plek se naam is Waterval’ en ‘Die aandag van jou oë’) vorm die ruglyn. Geplaas neffens ‘n drietal Cussuns en Lina Spies langs kort grepe Gert Vlok Nel, Boereneef, Leipold, Van Wyk Louw, Gus Fergusson en nuweling Jacques Coetzee. Martin Versveld se vertaling, ‘Die Lewensweg van Lao-Tse’, na die klassieke Chinese teks en Phil Du Plessis vertalings van Han Shan (uit ‘Towards the Cold Mountain’) stel minder bekende werke aan die publiek voor in ‘n ‘Boere Zen’ konteks.

‘n Towertuin van Afrikaanse verse wat vertel van verlange en liefde en dinge onverklaarbaar mooi. Wonderskoon verse vol wonder en verwondering, woorde wat met die ronde gladheid van ‘n klip deur ‘n rivier gerol, ‘n rivier gevul met die murmering van waterstroompies. Die fluistering van die wind in die riete van ‘n Zen tuin, woorde wat weerklink in die holtes van ‘n katedraal.

Die koel holtes van die aardse universitalitiet van die verse tipeer die mens se ewig soekende siel en strewe na mooiheid en sinvolheid.

Die ruimtes tussen woorde word gevul en aangevul deur stiltes, wasige fluit en kitaar melodieë en beeldmateriaal. Ritmes en nuanses van klank wat die betekenis en kadens van die verse met groot sagte klanke interpreter en nuwe dimensies laat aanneem.

Woorde wat sing soos klippe wat lui soos klokke ... die slag van die hart in die bloed wat ruis in die are van die liggaam in die gesuis van die wind deur bome en oor die gedruis van riviere en die see. Winde wat waai oor berge en die dorre aarde van woestyne en die Karoo met sy klippe wat bak in die hitte van die son. Die invalshoek van die son deur ‘n wolkbank, die strale wat streep deur lig en oor die landskap, ‘n vars blik van aandag geskep op die omgewing.

Hierdie gedigte se klanke kom voort asof vanuit ‘n ander wêreld. En met ‘n gedagtegang wat soms ‘n manier om deur alles te kyk, deur alle vooroordele en werklikheids persepsies te sny om iets nuuts voort te bring.

“When I sleep at night,
what am I called or not called?
And when I wake, who am I
If I was not I while I slept?”
(Neruda - Too many names)

Die teks is saamgestel uit:
Lees die volledige teks hier.

Petra Müller, ‘My plek se naam is waterval’
en ‘Die aandag van jou oë’
Die vertalings van die Okri en Neruda gedigte is spesiaal vir die produksie
Sheila Cussons, uit ‘Die swart kombuis’
Uys Krige, ‘Dorre aarde’, vertaling van Lorca, uit ‘Verse van Lorca’
C.J. Louis Leipoldt, ‘Die sekretarisvoël’
Lina Spies, uit ‘Die skaduwee van die son’, 1998
Jaqcues Coetzee, twee ongepubliseerde werke
Boerneef, ongetitled, uit ‘Versamelde poësie’
Phil Du Plessis, uitreksels uit sy vertalings van Han Shan (‘Towards the Cold Mountain’)
Van Wyk Louw, uitreksel ‘Ambag, deel II’
Gert Vlok Nel, uit ‘December en see’, uit ‘om te lewe is onnatuurlik’
Johann Kotze, 'ek,hier', ongepubliseerd Ben Okri, ‘An African elegy’ (vertaal deur Petra Müller)
Pablo Neruda, ‘Too many names’ (vertaal deur Petra Müller)
Gus Ferguson, ‘Haiku’ uit ‘Thirteen haiku’
‘Die Lewensweg van Lao-Tse’, vertaal deur Martin Versveld

Lees meer oor Martinus Versveld se vertalings van Lao Tse se ‘Die Lewensweg van Lao-tse’.

Skakels na MP3 Klankgrepe:

Uit die "Die woorde wat so wink daar".

Petra Mulder oor Oosterse gelowe tydens 'n gesprek met Helene De Villiers, 'Hoeveel weeg 'n hobbit' by die Woordfees in 2002.

Twee gedigte van Jaqcues Coetzee voorgelees by 'n ander geleentheid.

Gus Ferguson wat sy haiku voorlees by dieselfde samekoms.


Gert Vlok Nel se gedig gelees deur homself tydens 'n 1997 vertoning van "Beaufort Wes se beutiful woorde".

Meer van my kitaar musiek Slowness en van my fluit musiek uit die produksie.

Die Klankbundel tuisblad vir skakels na my ander Zen-geinspireerde produksies.

In die Pers vir nog foto's.





Contact Johann / Conservation / Live / Music / Mp3's / Spoken Word / Writing / Yoga


Copyright, credits, website management and hosting