| Site Map | Home | |
In Versveld se inleiding tot sy vertaling vertel hy bietjie meer oor die lewensfilosofie van die Chinese wysheer Lao-tse. Hierdie Oosterse filosofie is ‘n heel ander tipe doen en manier van wees as waaraan die Westerling gewoond is, en was, in minder verligte tye as nou, maklik verkeerd verstaan as ‘n goddeloosheid en luiwees. Lao-tse beskryf die denke en houding van 'n ideale mens, 'n'sage’, of ‘verligte’, in sy klassieke teks ‘Die Lewensweg van Lao-tse’.
My opsomming uit Martin Verseveld se vertaling:
Die ware wysheid lyk dus byna soos ‘n soort domheid – oorgawe sonder inspanning. Soos die God van Augustinus, wee thy om in sy stilte te werk en in sy werk stilte wees. Hierin is die wortel van die Taoistiese ‘wu-wei’: doen deur nie-doen. Die begrip is eerder teen aktivisme en woeling gemik as teen aktiwiteit. Dit beteken saamwerk met die natuur, spontane oorgawe, wandeling langs die Weg.
Spontane groeikrag, die Tao bring die wêreld voort deur ‘wu-wei’, waar dinge groei
verdeel hul hulself van binne. Hulle word nie saamgestel nie. ‘n heelal wat groei,
kan nie deur denke en woorde begryp word wat dinge spesisfeseer en saamstel nie.
Die Taoisme is ‘n kritiek op die dominerende owerste en dominerende verstand.
As ons die natuur domineer, sal sommige mense ander mense domineer. Die Tao werk
deurdinge en mense hulself te laat wees. Ons leef in die heelal soos gaste in ‘n
huis waar alles so goed gereël is dat ons van die voorsorg nie bewus is nie.
Dit verduidelik waarom die Weg ‘n sort deurdagte domheid vereis. Daar is ‘n
soort redenering wat hom afsny van die groot ongekende in ons samestelling en organiese
tyd, en wat alles op abstrakte idees wil skoei. Dan word die verstand ‘n instrument wat
homself verslyt todat hy instort omdat hy die wysheid ontken het. Die ware kuns van die
lewe is om jou oor te gee aan die mistereuse strominge van die skeppende natuur – ‘wu-wei’-
‘n soort geoeffende spontaniteit.’