Site Map | Home

chinese eyes / vlugskrif maart 2005

'chinese eyes' chinese verse vertaal deur mm walters uit: 'shih-ching' (protea boekehuis). deel van die 'vlugskrif' poetry & musiek program, in die hidden cellar, 20h00. konsep & samestelling deur johann kotze. met: almuir botha (kitaar, lapsteel, mondfluitjie) & riaan nieuwenhuis (kitaar). voorlesing deur jean jordaan. bykomende gedig deur danie marais met musiek deur johann.

woordfees 10 maart 2005. ook met erns grundling / kiwidore fills / jasper van zyl / ronel scheffer / ronelda kamfer / bacchus nel / theresa bartman / zwai mosei / kabous verwoerd / trike en die naaimasjiene. saamgestel deur theo kemp en johann kotze, en 'n towerlig produksie.


Riaan, Jean en Almuir, foto deur Toast Coetzer (meer foto's onderaan hierdie blad).


'chinese eyes' mp3 opnames

direk opgeneem uit die klankbord voor die gehoor in die hidden cellar:
'n bietjie country van almuir en 'n gedig van li po, een van die mees beminde chinese digters
chinese eyes (danie marais voorgelees deur jean met Johann - slide / almuir - fender / riaan - acoustic steelstring)

'vlugskrif' mp3's opnames

twee van die drie gedigte voorgeles deur kiwadore fills
'n wonderlik liefdesvers van ronel scheffer lesbiër
die naaimasjiene jan kolela (liriek saamgestel uit volksverse)
die naaimasjiene volksvreemd (liriek uit dan roodt digbundel)
die naaimasjiene se verskyning op die 'voëlvry' CD, 'n nadraai van die beroemde en veelbesproke voëlvry-toer (met kerkorrel, kombuis ens.) en hulle destydse konserte het hulle deelgemaak van die afrikaanse musiek revolusie van die tagtigerjare. hulle was, behalwe natuurlik koos kombuis, die enigste (spesifiek) tagitger musikmakers op die woordfees. theunis engelbrecht is steeds die man agter die band - sy liriek en amper monotoniese praat-sang defineer nog die 'masjiene se klank. die huidige 'masjine' orkes self bestaan almal uit nuwelinge, maar die materiaal is vintage engelbrecht; vol van snydende sosiale komentaar en kontroversie, en praat reguit en hard oor ernstig en absurde sake soos geen ander band in afrikaans nie.
tegniese komentaar: die twee snitte hier is lewendig opgeneem (na 'n stereobaan) uit die klankbord, en die stem is heelwat meer prominent as in die live mix tydens die konsert - die klankbalans is bepaal vir die konsertgehoor.

'chinese eyes':
'n jukstaposisie, 'n dialoog van verskillende wêrelde, en 'n konneksie met die groot gees

deur johann, 1 Maart 2005
country musiek is nou nie noodwendig die eerste ding waaraan mens dink as mens dink aan 'n nasie oosterlinge wat steeds mysterieus en die versinnebeelding van 'anders' (vir die westerling) is nie, maar hierdie global village waarin ons leef se belangrikste kenmerk is, after all, sekerlik die samesmelting van wyd uitlopende kunsvorme. die difussie van oos-wes kultuur landskappe van die moderne wêreld maak dit moontlik om 'country' gemaklik met chinese verse te versoen (in teenstelling en/of in resonansie of sommer net), hoewel talle sekerlik sal wonder hoe. wanneer ek dink aan willie nelson dink ek somehow ook aan 'n ou chinese sage, met gevlegde grys baard en al. dis al asof alles in die wêrleld geleidelik besig is om, op 'n sekere vlak, saam te smelt. daar is iets in die wysheid van confucius en sy maats en die skerpsinnigheid of irreverence van die duidelik rumoerige dog sensitiewe rebelle uit die chinese gedigte boeke wat uit eisoortige taoisme in eenwees met die natuur geleef het, 'n eenvoudige kompleksitieit wat ook te bespeur is in sewentigerjare se karate-flieks, en versinnebeeld is deur bruce lee en die gewild gemaak is in die star wars movies (george lucas het nogals diep ingelê in oosterse temas), en dit help moontlik gemaak het om taoisme te komersaliseer en te kleed in gevatte zen humor-wysheid sonder om hulle eie essensie te verloor. die wêreld se kultuur wiel het inderdaad meer as een keer gedraai die laaste drie dekades. vandag kan ons na moderne flieke soos 'croaching tiger, hidden dragon' en 'heroes', gebou rondom chinese kultuur-mite-geskiedenis, gaan kyk en direk daarna na rock musiek gaan luister. izak perleman en yo-yo ma, van klassieke musiek se belangrikste ereburgers, het musiek vir die films gemaak, en musiek grense het reeds lank tevore onheroepbaar geskuif met die sogenaamde 'world music' gier van die laat negentigs. sogenaamde world beat uit indië of waar ook al word lankal in klubs reg oor die wêreld gehoor onderwyl elektronieka lank nie meer die eksklusiewe terrein van 70's post-hippies is nie. kreatiwe rekanaar musiekante en musiek regiseurs voel skynbaar almal dieselfde: geur die pot met soveel uiteenlopende speserye moontlik en kyk wat gebeur. laat dit wees, is die rigting om in te slaan. ongelukkig, of moontlik is dit maar net hoe dit is, en altyd was, is daar min wat regtig kyk na die kulture wat hulle plunder. en nog minder wat hoor, lees en dink oor die kulture wat soms, as hulle gelukkig genoeg is om te herleef in 'n tendens van hupseid as 'fashion of the week' (of 'of the day? of the moment?'). mens kan waarskynlik dieselfde stelling van ongeërgdheid maak oor beide die publiek en talle kunstenaars, en reeds hoor hoe hoe hulle verveeld 'whatever' sê op alles. vra dan maar vir jouself: kyk, luister en dink jy oor 'heroes', of word jy net daardeur vermaak? is country musiek eintlik diepsinnig of is dit bedoel om slegs te vermaak? wie, in die wêreld van miljoene boeke, gee genoeg om om chinese letterkunde te laat voortleef deur dit actually te lees? afrikaansprekendes is besonders gelukkig om eeue se grootste oomblikke van poëtiese menswees in hulle moedertaal te kan hoor in mm walters se 'shih-ching' (protea boekehuis), vertaal asof dit deur 'n begaafde digter op plaaslike bodem geskryf is. die gevoel in hierdie verse is universeël en tydloos, verlange is verlange (en wat is meer vol van verlange as 'n county pedal steel), afskeid (wat klink meer soos die klank van 'afskeid' as die angs en desperate vashou aan herrinering wat die suiwer feedback van die elektriese kitaar kan oproep). satire en draakstekery is ook 'n noodsaaklikheid in 'n goeie versameling gedigte, en al is daar miljoene der miljoene gedigte op die planeet, is daar altyd net soveel wat, soos slegs party songs, in mens se kop en bewussyn draal en draal. wanneer gedigte deur groot geeste geskryf word, in die gees van die groot gees van die taosime (sien meer hieroor as agtergrond van 'n ander towerlig produksie) of in die van die bybelse landskap van die karoo, kan dit gemaklik in die harte van mense inkruip wie bereid is om in dialoog te staan met die realisme en drome en stories en pang en twang van country musiek, die drinkliedere van 'n taois of van wie of wat ook al. moontlik is dit die ooreenkoms tussen die land van steinbeck karakters en die karoo en country songs wat somehow die groot gees wat oor die aarde en die hemele heers vier sonder beslommernis oor nasionalitieit (al vorm amerika en hamburgers, suid afrika en braaivleis skaaptjops, china en rys absolute teenstellings) wat my aanspreek. moontlik is dit iets in die lewe self wat, soos in die vers hieronder, 'n pragtige voorbeeld van die kenmerkende 'zen' andersheid van die chinese verskuns, 'n zen wat vry is van mensgemaakte grense. dis 'n 'andersheid' gevul met die lewe (vol vervulling?), 'n sprokiesmooi dog diepsinnige, warm menslikheid, vol praktiese wysheid, met kennis van 'alles wat is' wat tot mens spreek sonder om 'n toespraak, afskpraak of preek daarvan te maak.

Ek sal vir jou wyn skink en jy moet ontspan.
Menslike gevoelens verander gedurig, soos die oppervlak van die see.

Vriende wat saam grys geword het, kan nog steeds gryp na hulle swaarde.
En die eerste een met amptelike gesag lag vir die wat nog bedel.

Die kleur van die gras verbeter met 'n bietjie reen.
Bloeisels wil-wil oopgaan en die lentewind is koud.
Wêreldsake en drywende wolke - hoekom dit bevraagteken?
Neem die lewe rustig en geniet die aandete.

- 'n Drankie saam met P'ei Ti


oor 'chinese eyes' se deelnemers en meer oor 'vlugskrif'

daar is natuurlik country en country. en kitaarspelers en kitaarsplers. wanneer ons van country praat praat ons nou nie van sa tv se vroeëre jare met die clive bruce en lance james orkes nie, maar van hank williams se country blues, lucinada williams se gatskoprock, emmelou harris en johnny cash se raaiselagtige stemme, selfs van valiant swart se country rock. net regte gevoels-musikante kan ordentlike country speel. almuir botha is so 'n speler. hy kan selfs wanneer hy 'n moerse geraas maak, verfynd wees in sy spel. op 'trane vir pieter', sy solo boeremusiek/surf guitar album is hy net so op sy stukke as hy uit die boonste rakke was op sy delta blue heyday (onthou 'al minor'?) as wanneer hy metal doen vir raaskopleef. riaan niewenhuis was die stigterslid en klavierspeler van delta blue gewees, maar het altyd ook blues kitaar gespeel. boermusiek+country+blues=country-boere-blues? - net reg vir 'chinese eyes'.

jean jordaan het in die negentigerjare nagraadse jare by die afrikaans-nederlandse departement die oorspronklike 'vlugskrif', 'n blaadjie vir hoofsaaklik nuwe digters, versorg. uiteindelik het ons 'n paar 'vlugskrif aande', met bands en voorlesings, (en selfs 'n CD gemaak van een konsert) gehou deur die jare. soms was dit groot, soms kleiner partytjies. nou laat die woordfees weer 'n keer vir vlugskrif leef, 'n klein, moontlik onbekende, maar nie onbeminde legende.

vanjaar se konsert sluit aan by die tagitger-tema van woordfees 2005 in dat die naaimasjiene, wat hulle verkyning gemaak het tydens die voelvry konserttoer en -jare (hulle was ook op die studio voelvry CD) herleef vir hierdie konsert. newens jongeres soos bacchus nel, trike en jasper van zyl is daar 'n verskeidenheid digters, insluitende die MC van die aand, erns grundling, wat ook 'n song of twee sal sing. met die lekker atmosfeer van dei hidden cellar kan dit net 'n manier wees om ietsie van die boheemse te laat leef vir 'n paar uur.

danie marais het so oor die jare heen verskeie voorlesingstydens 'vlugskrif' aande geniet. jean het voorgestel om die volgende gedig van danie te gebruik, en ek het gedink so 'n bietjie plaaslike zen en dan die verrasende einde sal 'n goeie afsluiting maak vir die versameling chinese verse:

Dit is orals dieselfde

Die see spoel in,
die see spoel uit
en verdwyn in die sand.

Die son vra nie hoekom nie
en die maan antwoord nie.

Dit is myns insiens geen rede om ontsteld of hartseer te wees nie.

Maar dan gebeur dit skielik, oornag
en jy word wakker met loodskoene
en hande van asem,
'n gevoel wat stadig groei soos 'n begrafplaas
in die sagte reën

Soms kan ek en jy mekaar daarvan red,
maar soms is ons twee ou bome
aan weerskante van 'n stil stroom.
Dan sien ek hoe die seisoene
deur jou marsjeer
en my blare roer in die bries
en my woorde val
in die stadige water
om see toe te dryf.

Ek lees die gedig vir jou,
terwyl jy met 'n koppie tee
voor die computer sit.
Ek sê ek het dit laasnag,
toe jy geslaap het,
geskryf.
Jy sê eers niks
en dan kyk jy my
met 'n onpeilbare uitdrukking aan
- 'n mengsel van begrip en irritasie -
voor jy vra:

"Wat gaan jy doen as daar rêrig iets erg
met jou gebeur?
Wat gaan jy bv. doen
as jou ma doodgaan?"





Contact Johann / Conservation / Live / Music / Mp3's / Spoken Word / Writing / Yoga


Copyright, credits, website management and hosting