Site Map | Home

Volledige teks en mp3 klankgrepe







Die Lewensweg van Lao-Tse, vertaal deur Martin Versveld

aan die begin van die hemel en aarde was die naamlose
die moeder van die menigvuldigheid het ‘n naam

die weg wat met woorde gebaken word
is nie die vaste Weg nie;
en die naam wat genoem kan word
is nie die vaste naam nie

maak sag wat skerp is
maak die knope los
versag die skelle lig

tussen hemel en aarde
is dit leeg soos ‘n blaasbalk
dit is onuitputlik leeg

as jy die Weg wil ken, ontslaan jou begeertes

eenvoud en waarheid
lyk soos paradoks

Petra Müller
klank

ek is die een wat hier is
by die lees van dié gedig

en in my sing jy soos ‘n spyker
wat in klip gekap word

in my resonante skedel sing jy
soos wind in reeds verbleikte beeskoppe
onstilbaar op die noot van e-kruis
waarin ook die sterre sing

Petra Müller
ongetiteld

Sodat hy langsaam aan die wêreld wen
Is die aankomeling
Lig-sensitief hoewel nie lig-ervare
Met ondeursigtigheid omhul

Sy oë, uit die rookblou nag
Groei langsaam na die rookblou dag
Wat oor hom buk en in sy honger mond
die bies drup wat die vliese klaar

Luister na die volgende drie gedigte

Petra Müller
ongetiteld

Die siel besoek die lyf
as dromer:

‘n reeds koulike swaeltjie
wat dryf tussen bome

Petra Müller
n.a.v. van Tao Sji

Dit is goed om hier geen huis te hê nie
Daar moet niks wees
Tussen my en die berge nie

Petra Müller
ongetiteld

Daar, agter die swart maan
Se verduistering
Skyn die donker ligkring
En wiel voort

Wiel om wiel se helder
Dun rand lig
Gekring

Petra Müller
ongetiteld

Die skulp, alleen op die strand,
Het gedroom van die see

Die dromende see
In die sloep van slaap
Het antwoord gegee

Kom haal my, see
Nee, nooit meer nie

Petra Müller
strandloper

die see het die skulp gevorm
dit word baie omgedraai
dit kom om
en om
in getye

en waar die ligsku slaklyf was

wie woon in die skulp
behalwe die see?
oneindige geruis: jy’t
baie na aan my gekom

Sheila Cussons
Bedekte naak

‘n Gloed dra ek
tussen die wêreld en my bloed
meer myne, meer eie aan my as enigiets
‘n sonder-naam
wat, om te vernietig
sou wees vernietiging van my:
o ondraaglike, tere, weerlose hemp van vlam.

Sheila Cussons
Lentelied

Sal jy vir my ‘n brief skryf, see
noudat my visarend-vlerk gebreek is?

fiets, fietsie, jy ry alleen in die wind
en jou pedale flits in die lig, leeg

die speke sê blink sê blink sê blink
die onverwerkbare woordjie: pyn

Sheila Cussons
Belofte

Die lente kom en reeds droom ek
‘n feller son en brandende sand
en blindende bloutes van ‘n see
en teen die aande se kant
wit kuddes stof en skaap
wat swel en stroom
tussen bepoeierde sipres, knotwilg
en wilderoos deur.
Hoe goed om dit te weet: dieselfde
hoeveelheid somer kom vir seker weer

Luister na die volgende twee gedigte

Dorre aarde
Lorca vertaal deur Uys Krige

Dorre aarde,
stille aarde
van nagte
reusagtig
oor alle gaarde
(Wind uit die noorde,
wind deur die boorde.)

eeue-oue
aarde
van die lamp en die kleed
en die angs en die leed.
(Wind wat daar ruis
oor stal, oor huis.)

Aarde van
die eensame hutte
en die diep
diep putte.
Van die ou-ou lied
droewig geboë
oor die dood
sonder oë.
(O wind aan’t waaie< br> oor alle paaie…)

Leipold
Die Sekretarisvoël

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou penne agter die ore styf,
Met jou stadige stappies, wat maak jy hier?

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,
Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier?

Luister na 'n kort uitreksel van die volgende stuk

Die Lewensweg van Lao-Tse, vertaal deur Martin Versveld

Wat die sagste is
Verweer die hardste
Wat padgee
Vind deur alles pad< p> Wie kan troebel wees
En tog deursigtig uitsak?
Wie kan stil wees,
En tog tot lewe wek?

hemel en aarde duur
hoekom?
Omdat hulle nie inhulself wortel nie
Derhalwe kan hulle leef

Die ou meesters in die wysheid
Fyn van gees, bonatuurlik insigtig
Het die verstand oortref

Die weg is die terugweg
In sy swakheid lê sy sterkte
Die menigvuldige kom uit iets tot stand
Die iets berus op niets

Sê maar die weg is groot
Die hemel is groot
Die aarde is groot
‘n man moet die aarde naboots
Die aarde moet die hemel naboots
Die hemel moet die weg naboots
En die weg is wat natuurlik is

Sy naam ken ek nie
Ek noem dit maar die weg
Sou ek dit die grote noem
Dan wil ek net sê
Dat dit uitbrei om alles te omvat
En, alles omvattend, terugkeer tuis

Dit is so stil en leeg
Dat dit alles onverganklik staan
Werkend, werk dit nie
Dit kom soos die moeder van die wêreld voor

Lina Spies
Vesting

Ek het vergeet
hoe blink ons nagtelike hemel is
toe skyn bo my die sterre van die Klein Karoo.
Ek het vergeet
hoe soel ‘n middaguur kan wees
toe skitter voor my songeel boorde appelkoos
van Hoekoe se vallei.
Ek het die donker hart vergeet van ‘n rooi roos
toe kyk ek in die Swartbergese purper vas;
toe weet ek weer van rotsige regstandigheid:
waar niks meer syfer, sype, sif,
‘n sandkliphuis om te bewoon
met bree voorstoep en pilare,
mooi ouderwetse luike –

dáár kan die lig instroom.

Jaqcues Coetzee
Skemerkamer

In hierdie kamer is dit altyd skemer:
Daar is net een klein venster en ‘n dowwe lig.
Om ons lê klere en boeke
Oënskynslik sonder enige patroon.
Maar kom nader, sit, dis anders as wat jy dink:
Als wat sien dra spore van lewe,
Joune en myne en dié van ander -
‘n Stuk geimproviseerde teks miskien,
Musiek sonder partetuur
Waarvan ons fragmente is.
Luister nou, vriend, geliefde, wie jy ookal is:
In hierdie kamers is dit altyd skemer en niks is seker nie.
Die wêreld buite is net ‘n geristsel van bome,
Jy hoor skaars nog jou eie stem,
Jy’s net bewus van hoe ons luister
Terwyl ons variasies optoor
Op dieselfde tema wat altyd nuut is.
Kom, dit het tyd geword om te vergeet
Al die dinge wat ons dink ons weet
Oor jou en my en hierdie tussenruimte
Waar ons moet saamspeel
Op die maat van ‘n half-onbekende wysie.

Jaqcues Coetzee
Sirkelwinde

My hande is vol wind vandag
En kan niks hou nie, net herinnering.
En jy wat stories spin maar nooit klaarmaak
Wat sal ek jou oor môre vra of gister?

Tog op my bedkas lê ‘n seeskulp,
Teken van gister se geheime,
n Tarentaalveer vir troos, ‘n koringaar.
‘Maak vir my ‘n storie’, het jy gesê,
En my vingers streel oor half bekende voorwerpe
Op soek na sin in sinne.

Ek wil onthou wat ek gehoor het,
Want alles wat vergeet word
Kom terugna jou toe op die winde
Wat in sirkels waai.
Ek wil jou sien so, met jou halwe stories
Met sterk, oop hande, wat vir my
Halwe waarhede aangee.

Boerneef
ongetitled

Êrens in die Kro het ek ‘n skerm met Krokos vir ‘n ombepaalde tyd
die veld lê onuitspreeklik vêr en wyd
ek het volop kos en volop tyd
rondom my skerm êrens in die Kro
(heraal: ek het volop kos en volop tyd)

Han Shan vertalings deur Phil Du Plessis

4
Ek klim die pad na Koueberg
‘n pad wat nie einde het nie.
Die valleie is lank en met rotse bestrooi.
Die strome is breed met dik gras weerskante.
Die mos is glad, al het dit nie gereën nie
en die denne sug, al is daar geen wind nie.
Wie wil wegbreek uit die nette van die wêreld
en hier by my kom sit tussen die wit wolke?

5
… vêr anderkant glim die eiland van die onsterflikes.

9.
Waarmee kan ons dood en lewe vergelyk?
Kyk na ys en water:
water vries tot ys
ys smelt terug na water.
Wat gesterf het moet weer lewe,
wat lewe moet sekerlik sterwe.
Ys en water skaad mekaar nie –
lewe en dood pas goed by mekaar.

10
Heuwels en strome is laag op laag geskakeer,
skadus van visarende in wolke gebêre;
slierte mis dou op my hoed
en my graskleed word aan die punte nat.
My voete dra rondswerfskoene
en ‘n ou wynstok is my kierie.
Ek kyk anderkant dié stowwerige wêreld
nie meer na die land van drome nie.

19
Daar mag suinige mense wees,
maar ek is nie so nie.
My jas het nie voering nie, ek kan dans.
As die wyn opraak, sing ek myself dronk.

… 21
Ek het my eie grot
met niks aan die binnekant nie.
Dis groot en skoon,
helder met elke dag se lig

. Laat jou duisend wysgere maar kom

Luister na die volgende drie gedigte

Van Wyk Louw
uit ‘Ambag, deel II’
< p> ek roer ‘n vin
deur goue waterwortels, moer en bel,
en sien die buiteglans maar ken dit nie
min moet my woorde oor dié dinge wees

Gert Vlok Nel
December en see

5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
jeans en truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
was gou warm, t.s.v. die kak drizzle. ek
wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
maar het alreeds alles weggegee
aan herrinering en pyn

ons het een dag gebly: dit was aand
en natuurlik môr, daar was lig. ‘dis die 1ste
dag van die res van ons lewe,’ kon ek sê.
dit was die 2de oggend op die 3de planet van die son.
ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
van die kro, en die ekwilibrium van oë, ek ril
by herrinnering aan hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het

Johann Kotze
hier, nou

ek, hier
iewers los-vas
al skommelend
tussen die verlede
en die hede
die silwer maanskyn
die warm son
rots, sand
see en seewier

Ben Okri
An African Elegy

We are the miracles that God made
To taste the bitter fruit of Time
We are precious and one day our suffering
Will turn into the wonders of the earth

There are things that burn me now
Things which turn golden when I am happy
Do you see the Mystery of our pain?
That we bear poverty
And are able to sing and dream
Sweet things

And that we never curse the air when it is warm
Or the fruits when it tastes so good
Or the lights that bounce gently on the waters?
We bless things even in our pain
We bless them in silence
That is why our music is so sweet
It makes the air remember
There are miracles at work that only Time will bring forth
I too have heard the dead singing

And they tell me that
This life is good
They tell me to live it gently
With fire, and always with hope
There are wonder here

And there is surprise
In everything the unseen moves
The ocean is full of songs The sky is not an enemy
Destiny is our friend

Pablo Neruda
Too many names

Mondays are meshed with Tuesdays
and the week with the whole year.
Time cannot be cut
with scissors, and all the names of the day
are washed out by the waters of the night.

No one can claim the name of Pedro,
nobody is Rosa or Maria,
all of us are dust or sand,
all of us are rain under rain.
They have spoken to me of Venezuelas,
of Chiles and Paraguays;
I have no idea what they are saying.
I only know the skin of the earth
and I know it has no name.

When I lived amongst the roots
they pleased me more than flowers did,
and when I spoke to a stone
it rang like a bell.

It is so long, the spring
which goes on all winter.
Time lost its shoes.
A year lasts four centuaries.

When I sleep every night,
what am I called or not called?
And when I wake, who am I
if I was not I while I slept?

This means to say that scarcely
have we landed into life
than we come as if new-born
let us not fill our mouths
with so many faltering names,
with so many sad formalities,
with so many pompous letters,
with so much of yours and mine,
with so much signing of papers.

I have a mind to confuse things,
unite them, make them new-born,
mix them up, undress them,
until all the light in the world
has the oneness of the ocean,
a generous, vast wholeness,
a crackling, living fragrance.

Gus Ferguson
Haiku

Die verre sterre blink
Die kosmos is beslis
Immer en bewus

Petra Müller
Venster

‘alles is helder, net ek bly bewolk, se Lao Tse’
Hy heraal dit oor en oor

tot dit van hom wegsweef
soos ‘n sleepsel mis

wat láátoggend nog
die nag se dinge oor die vleitjie

in herrinering bring

Die Lewensweg van Lao-Tse, vertaal deur Martin Versveld

Jy kan die wêreld ken
Net deur tuis te bly;
Jy kan die hemel sien
Met ‘n toe venster.
Hoe verder jy na buite wandel
Hoe minder weet jy.

Soms klink die waarheid nie mooi nie
Som sis mooi woorde nie waar nie
Goeie woorde tref soms nie
Treffende woorde is soms sleg

Die wyse word wys
Deur stil te bly

Hy sien sonder rondkyk
Kry resultate sonder aksie
Die wyse ken homself
Maar vertoon homself nie
Het homself lief, maar hou hom klein
Hy weet hoe hy moet loop
Onder sy goedkoop mantel
Dra die wyse juwele
Die wyse man lê oop vir die wêreld
Hy skei en oordeel nie
Tog ag die mense sy sien en hoor
Want ‘n wyse sien en hoor
Soos’n klein kindjie

Okri, vertaal deur Petra Müller - Elegie (An African Elegy)

Ons is die wonderwerke, die wat God gemaak het
om die bitter vrug van Tyd te proe.
Ons is kosbaar so. Die dag sal kom dat ook ons smart
‘n wonder van die aarde word.

Daar is dinge wat my altyd brand, goed wat goud straal
op die dag as ek gelukkig is.
Kan jy insien – die Misterie van ons pyn?
Dat ons armoed kan verduur,
en kan sing, en droom … al daardie soet goed

En dat ons nooit die lug vervloek wanneer dit warm is
of die vrugte, as dit so soet is
of die son se lig wat saggies op die water wieg?
Ons seën die dinge ook wanneer ons ly.
Ons seën hul in die stilte met ons stilste woorde
Dit is waarom ons musiek so soet is, wan’t dit laat
die lug onthou dat daar mirakels is wat in die Tyd na vore kom
Ook ek het die dodes hoor sing

En hulle vertel my dat die lewe goed is
Dat dit met ‘n teer hart deurgeleef moet word
Met vuur in vuur gedoop
en altyd hoogvol van die hoop.
Daar is wonderwerke hier,
en verstommings oral waar die groot Onsigbare beweeg.
Die see is vol gesange.
Die lug is nie ons vyand nie.
Selfs Noodlot is ons vriend.

Neruda, vertaal deur Petra Müller - Te veel name (Too many names)

Die Maandae is diep verstik met Dinsdae,
en die week met die heel jaar.
Tyd kan nie met die skêr geknip word nie. Al die name
van die dag is weggewas in die nag se waters.

Niemand kan beslag lê op die naam van Pedro nie
Niemand is Rosa of Maria nie.
Ons is almal stof en sand.
Ons is reën onder reën.
Hulle het my vertel vna Venezuelas, of Chiles
Of Paraguaaie. Ek kan nie verstaan waarvan hulle praat nie
- want ek ken maar net die vel van die aarde
en ek weet dit het nie naam nie.

Toe ek tussen die wortels gewoon het
Was dit vir my beter as tussen die blomme.
En toe ek met die klip gepraat het
het dit soos ‘n klok gelui.

Dit duur so lank, hierdie lente
wat dwarsdeur die winter aanhou.
‘n Jaar duur vier volle eeue.
Tyd het sy skoene hier verloor.

As ek in die nag slaap –
wat word ek dan genome of nie genome nie
En as ek wakker word, wie is ek dan
as ek nie ek was in my slaap
waar ek geslaap het nie.

Die teks is saamgestel uit:

‘Die Lewensweg van Lao-Tse’, vertaal deur Martin Versveld
Petra Müller, ‘My plek se naam is waterval’
Petra Müller, ‘Die aandag van jou oë’
Sheila Cussons, uit ‘Die swart kombuis’
Uys Krige, ‘Dorre aarde’, vertaling van Lorca, uit ‘Verse van Lorca’
C.J. Louis Leipoldt, ‘Die sekretarisvoël’
Lina Spies, uit ‘Die skaduwee van die son’, 1998
Jaqcues Coetzee, ongepubliseerd
Boerneef, ongetitled, uit ‘Versamelde verse’
Phil Du Plessis, uitreksels uit sy vertalings van Han Shan (‘Towards the Cold Mountain’)
Van Wyk Louw, uitreksel ‘Ambag, deel II’
Gert Vlok Nel, uit ‘December en see’, uit ‘om te lewe is onnatuurlik’, 1997
Johann Kotze, ongepubliseerd
Ben Okri, ‘An African elegy’
Pablo Neruda, ‘Too many names’
Gus Ferguson, ‘Haiku’, uit 'Thirteen haiku', in Carpe Diem (Carrefour) 1992
Okri en Neruda vertaal deur Petra Müller vir hierdie projek



Contact Johann / Conservation / Live / Music / Mp3's / Spoken Word / Writing / Yoga


Copyright, credits, website management and hosting